top of page

Ons Span

Irané van Schalkwyk
Graad RR / Loeries Juffrou

Sy is gebore in Bloemfontein en word nie vér van hier op ‘n plaas groot. Sy begin haar C & N Oranje Meisieskool jare as ‘n Graad R maatjie en voltooi ook hier matriek! Familie is vir haar die belangrikste en hulle is haar gunsteling tydsverdryf. Sy trou in 2021 met haar beste vriend, die liefde van haar lewe en hulle verwelkom hul baba dogtertjie in 2025.
Haar lewensleuse is: Weet wie jy werklik is in God om die ware betekenis van die lewe te verstaan. En wees dan net jouself!
Have courage and be kind!

Danica Germishuys
Graad RR / Loeries Assistent

Sy is gebore in Nelspruit waarna hul vir 2 jaar verhuis na Swaziland. As ‘n jong dogtertjie trek hulle na Bloemfontein waar sy groot word en matrikuleer aan Hoërskool Fichardpark. Sy is baie geborge aan haar familie en spandeer soveel as moontlik tyd saam hulle. Sy is ‘n trotse mamma van ‘n pragtige 2 jarige seuntjie.
Haar lewensleuse is: Aan die einde sal alles OK wees - as dit nie is nie, is dit nog nie die einde nie.
Have courage and be kind!
r 2
rr
r
rrr
versorgers
AL ONS PERSONEEL

bottom of page














