top of page

Irané van Schalkwyk

Graad RR / Loeries Juffrou

Sy is gebore in Bloemfontein en word nie vér van hier op ‘n plaas groot. Sy begin haar C & N Oranje Meisieskool jare as ‘n Graad R maatjie en voltooi ook hier matriek! Familie is vir haar die belangrikste en hulle is haar gunsteling tydsverdryf. Sy trou in 2021 met haar beste vriend, die liefde van haar lewe en hulle verwelkom hul baba dogtertjie in 2025.

Sy begin haar studies by Kovsies maar voltooi dit deur UNISA met die doel om vinniger ondervinding op te doen. Sy is al meer as 8jaar in die onderwys en geniet elke oomblik daarvan.

Haar lewensleuse is: Weet wie jy werklik is in God om die ware betekenis van die lewe te verstaan. En wees dan net jouself!

Have courage and be kind!

Mense beskryf haar as liefdevol, passievol, spontaan en iemand met die wêreldse geduld.

Sy word bederf met ‘n lekker sjokolade of ‘n mooi plantjie!

Klik

Haar passie vir jonger kinders word gebore uit elke kleintjie se rein- en opregtheid. Hier is soveel om vanaf te werk wat nog nie deur die wêreld daar buite beinvloed is nie. Haar werk is iets waarvoor sy voluit lewe, nie omdat sy moet nie maar omdat sy wil!

bottom of page