top of page

Kleredrag

  1. Elke Tinktinkie-kleuter ontvang 'n Gholfhempie (deel van die Registrasiefooi)

  2. Gemaklike,  selfhelpklere  wat  vuil mag word,  wat  lekker  speel  en  kan  klim  en  klouter 

  3. ALLES moet asseblief goed gemerk wees

  4. GEEN juwele

  5. Lang hare moet vasgemaak of uit die ogies wees

  6. Dogtertjies   met   rokkies   moet   verkieslik   'n   kortbroekie   of spanbroekie   onderaantrek 

  7. 'n Ekstra stel klere moet ten alle tye in die tas gebêre word (Ziplock/plastiek-sakkie)

Skoolfunksies

  1. Oueraande  word  deur  die  loop  van  die  jaar  gehou  om  ouers  op  hoogte  te  hou  van skoolsake, fondsinsamelings en projekte wat aangepak word.

  2. Vergaderings word met spesifieke komitees gehou om reëlings as 'n span te maak

  3. Datums  en  reëlings  van  jaarlikse  funksies  soos  konserte,  Ken-Mekaar  Kuiers  ens.  sal  vroegtydig  deurgegee word.

Personeel

  • Al die juffrouens van Tinktinkieland is  gekwalifiseerd en het jare se ondervinding.  Elke juffrou het ook 'n assistent wat haar in die klas met daaglikse take ondersteun.

  • Goeie kommunikasie tussen die juffrou en ouers is  vir ons van groot belang, alhoewel ons vra dat hul  nie tydens klastye gesteur word nie, tensy dit 'n noodgeval is.

PERSONEEL

PERSONEEL

PERSONEEL

PERSONEEL

Evaluering en Verslae

  • Ons neem 'n konkrete en praktiese benadering tot onderwys veral met die assesseringsprosesse.

  • Deurlopende evaluerings is van groot belang om elke kleuter as 'n geheel weer te gee.

  • Vorderingsverslae word kwartaaliks huistoe gestuur waarna ouerafsprake gereël kan word indien nodig.

  • Graad R Skoolgereedheidstoetse word in die Tweede Kwartaal deur die Graad R juffrouens behar­tig met al die Graad R maatjies.

Dissipline

  • Ons benader daaglikse dissiplinering, kleutergerig en  opbouend.

  •  Gevestigde skoolreëls word in 'n konsekwente en veilige omgewing toegepas om elke kleuter veilig te laat voel.

  • Kleuters word gelei tot die besef en verbeteringe van hulself en hul naaste.

  • Ons is verbind tot die Kinderwet.

Gesondheid

  • Publieke gesondheidsregulasies word streng nagekom.

  • Geen  kleuter  met  'n  aansteeklike  siekte  kan  toegelaat  word  nie  bv.  vomering,  maagongesteldheid, griep, kop-nete, ooginfeksie, alle kindersiektes ens.

  • Alle immuniserings moet op datum wees volgens SA Skolewet 

  • Alle allergieë moet skriftelik aan die skool deurgegee word

​​

Kom in kontak

  • Facebook
bottom of page