top of page
Image by Anton Sukhinov
Screenshot 2023-05-27 164647_11111111_ed

Ons Storie

Screenshot 2023-05-27 164647_11111111_ed
wEBSITE tINKed 11.png
wEBSITE tINKed 11_edited.png

Die skool het sy ontstaan gehad nadat die SA Weermag in 1972, die Bloemfontein-tak van die Oranje Vroue Vereniging genader het om 'n wieg, bewaar en kleuterskool vir die Weermag daar te stel. Die onderhandelinge het plaasgevind tussen Brigadier Cam­bell en Mev. Tertia Flemming, voorsitter van die Bloemfontein-tak.

Die geboue te Dirk van Deventerstraat 12, Tempe is vir die OVV aangebied. Dit was een van die sink-en houthuisies wat die Weermag tydens die Anglo-Boereoorlog opgerig het. Die nodige veranderinge is aangebring en die skool is op 24 Julie 1973 betrek.


Die naam Tinktinkieland het onstaan na aanleiding van ds. Flemming se opmerking dat die 
kleuters hier kan baljaar soos "Tinktinkies in 'n bos."


Tinktinkieland Preprimêre Skool is tot 1993 bestuur deur die OVV.  Daarna is die bestuur oorgeneem deur 'n Beheerliggaam wat deur die ouers verkies is, met twee verteen­woordigers van die Vrystaat Versorgings in Aksie.


In 2020 verhuis die skool na Heuwelsig om hier 'n nuwe tuiste te skep vir elke kleutertjie.

Ons  vier  ons  50ste  verjaarsdag  op  24  Julie  2023,  en  ons  harte  is  gevul met die oneindigende seën wat ons daagliks uit ons Hemelse Vader se hand ervaar. Hierdie skool is gebou op

Jesus  Christus as ons fondasie, en dit is hierdie fondasie wat ons al vir  50 jaar  staande  hou

 as  een  van die  beste  kleuterskole  in  die  stad.

Screenshot 2023-05-27 164647_11111111_ed
Ons waardes

Ons Waardes

TINKTINKIELAND WAARDES (UPDATE) LS.png

DIS WIE ONS IS.....

Ons daaglikse aanvang by Tinktinkieland is om na elke kleuter as ‘n 
geheel te kyk, raak te sien wanneer iets nie pluis is nie en genoeg
aandag en liefde te gee waar nodig is.
Ons stel ons opleiding, ondervinding en harte oop vir elke klein Tinktinkie
wat daagliks deur ons hekke stap...
Ons kies daagliks om opvoeders te wees om kinders se lewens te verryk,

in te kleur en voller te maak met die einddoel dat hulle die lewe
vol in die oë kan kyk in die grootskool.
Ons kweek ‘n Tinktinkie familie vir ewig...al vlieg hulle weg na Graad R weet
hulle, hulle plekkie in ons nes sal nooit gevul word nie.

wEBSITE tINKed 11_edited.png
bottom of page