
Danica Germishuys
Graad RR / Loeries Assistent
Sy is gebore in Nelspruit waarna hul vir 2 jaar verhuis na Swaziland. As ‘n jong dogtertjie trek hulle na Bloemfontein waar sy groot word en matrikuleer aan Hoërskool Fichardpark. Sy is baie geborge aan haar familie en spandeer soveel as moontlik tyd saam hulle. Sy is ‘n trotse mamma van ‘n pragtige 2 jarige seuntjie.
Na skool begin sy deur Damelin haar grondslagfase kursusse afhandel. Sy wissel tussen paar skole tot sy haar hart verloor op Tinktinkieland.
Haar lewensleuse is: Aan die einde sal alles OK wees - as dit nie is nie, is dit nog nie die einde nie.
Have courage and be kind!
Mense beskryf haar as energiek, eerlik, liefdevol, geduldig en altyd vol vreugde en vriendelikheid.



Sy word bederf met biltong, lekker badgoed of ’n glasie Rosé vir daai langer dae...
Klik

Sy sien hierdie werk as ‘n voorreg. Daar is min dinge so spesiaal as om ‘n verskil te maak in ‘n kind se lewe veral in hul vormings jare. Sy strewe daarna om ‘n inpak te maak orals waar sy gaan deur met passie en liefde te leef.